top of page
Search

OCD

Ons spot almal soms dat ons bietjie OCD is as dit kom by sekere goed. Daar is 2% van mense wat wel gediagnoseer word met OCD. Dit is 'n kompulsie wat mens so disfunksuoneel kan maak dat jy sukkel met normale sosiale interaksie. Sommige mense was hulle hande oormatig baie, vrees om op krake of splete te trap of vir kieme. Ander mense het "issues" daarmee as mense net aan die een kant van hulle lywe vat, dan moet jy hulle as't ware uitbalanseer en aan die ander kant ook vat.


Ons spot baie met HR personnel, hulle is almal bietjie OCD, "colour code" hulle klere en organiseer als! 🤣 Ons is seker maar almal OCD met sekere goed. Ek het nie 'n saak daarmee as my bed onopgemaak is of my hele opwas vol skottelgoed staan nie, maar my kombuis moet netjies wees. Daar moet niks op die grond rondlê nie, als moet op hulle plek wees en daar moet ALTYD blomme in my huis wees.


Ons het almal maar ons eie "weirdness", soms maak ons die lewe vir onsself moeilik. Niemand het gesê dit gaan maklik wees nie! 🤣


19 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page