Koor
So 'n paar weke gelede sê my 7-jarige so terloops vir my: "Mamma, ek is uit die koor geskop."
Ek sluk amper my tong in en begin spontaan hipperventileer.
Ek:" Wat? Wanneer het dit gebeur?"
Hy: "Ek kan nie onthou nie, lank terug."
Ek: "Wat het jy gedoen?"
Hy: Niks, die nasorg het vergeet om my koor toe te vat."
Ek: "Moenie worry nie, ek sal die Juffrou en die nasorg bel en dit uitsorteer."
Hy:" Nee, ek wil nie meer koor sing nie."
Ek: "Wat bedoel jy, jy wil nie meer koor sing nie?"
Hy: "In die koor moet ek heeltyd stilbly en stilsit. Seuntjies kan nie so lank stilbly en stilsit nie."
Ek: 🙄
Hy: "Mamma verstaan glad nie hoe seuntjies werk nie!"
Ek kon maar net lag, wat weet ek nou?🤣
