Search

Skou

So twee weke gelede was ons by die skou. As ek moet eerlik wees, het my 7 jarige my bietjie bang gemaak. Hy wil op elke vreesaanjaende "ride" ry en ek is die gelukkige voog wat hom moet vergesel. 😂

Hy klou styf aan my vas en skree op die hoogste punt😳: "Mamma, ek het nou net so 'n bietjie in my onnie gepiepie!" Ek lag so ek vergeet om vas te hou. Vreesloos!


Terug op vaste grond skree hy weer: "Ek was nou so bang ek het bietjie in my onnie gepiepie!"

Ek: "Jy kan nie sulke goed vir almal vertel nie!" Ons vriende lag. 🤣

Hy verstaan glad nie wat hy nou verkeerd gedoen het nie.

Hy: "Maar mamma, ek praat die waarheid, ek het in my onnie gepiepie."

Ek gee op en vra: "Waarop gaan ons volgende ry?" Heimlik wens ek ons kan almal so onbevange lewe! 😁



7 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede