Search

Werk

Die laaste paar weke was rof. Ek werk en werk en kom nie voor nie. Ek love my werk, maar soms is daar tye wat alles net gelyk druk gaan. Dis juis in daardie tye wat onderwysers jou laat boontjies plant, arke bou en hondehokke van afvalmateriaal! Dan is ek soos 'n kat op 'n warm plaat! Verlede week toe trek ek die streep en sê vir my kids. "Ek het werk om te doen, bou self julle goed. Ek was nooit in graad 2 of in graad 4 nie!"

Hulle monde hang oop! "Maar mamma, hoe is dit moontlik?!"

Ek: "Baie maklik, in my tyd was dit Sub B en Std 2, ek kan julle nie help nie. Ek weet niks van graad 2 en 4 nie."


6 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede