top of page
Search

Amygdala

Die amyglada is so groot soos 'n ertjie. Dit is die deel van ons brein wat die veg of vlug response beheer. Dit is ook die deel van ons brein wat veroorsaak dat mense verandering vrees. Dit is dus 'n biologiese reaksie om bang te wees vir verandering. Om verandering te vrees is deel van jou lyf se "survival response". Mense voel soms minderwaardig oor hulle vrees ervaar, dis onnodig en oorbodig.


Ek vermoed my amygdala is stukkend, hy werk nie. Ek is mal oor verandering, nuwe uitdagings en die onbekende. Dit laat my ongelooflik lewendig voel, "excite" my, dis 'n "adrenaline rush". Ek weet dis dalk vreemd, en meeste vrouens sê vir my: "Ek wens ek het jou guts gehad!" Miskien het ek meer moed as verstand, miskien is my amygdala net stukkend of miskien "entertain" ek net nie vrees nie? Ek weet nie. Vrees is so verlammend, onproduktief en "overall a useless emotion."


As jy weer verandering in die gesig staar, sê vir jouself: "Self, ek gaan nie beheer word deur 'n ertjie in my brein nie. Ek kan die doen." 😄

As jy steeds sukkel sê vir jouself "ek kan, ek wil, ek moet, ek sal." Oor en oor en oor, soos 'n mantra, tot die vrees verdwyn. Tot jy in jou glo. Oorwin die ertjie! 😂


23 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page