top of page
Search

Betaal vir jou sondes

So 'n jaar of wat gelede bel een van my vriende sy vrou en sê hy is oor so 'n uur tuis. Na 'n paar ure raak sy bekommerd. Hy is nog nie tuis nie en sy foon af. Sy bel toe die "tracker company" en hulle vind haar motor by 'n "strip club". Sy ry toe daarheen en gaan ruk hom voor sy vriende daar uit. Ek het so gelag toe ek die storie hoor, ek kon dit voor my sien gebeur! Hy was baie omgekrap.

Hy: "Hoe durf die "tracking company" my so uitverkoop!"

Sy: "Jy het met my kar gery!"😂


Nou probeer hy haar sovêr kry om in te stem om 'n "au pair" aan te stel. Hy is keelvol vir die skool "runs", maar sy weier. Sy hou vol dat hy die "au pair" gaan bykom. Ek dink toe by myself: "So sal ons betaal vir ons sondes." Ek kon nie help om te giggel nie! Betaal sal jy betaal! 😂


Ek sê toe maar vir hom: "Jammer, maar ek is saam met jou vrou op die een. Ek sou jou ook nie met 'n "au pair" vertrou nie!" 🤣



36 views1 comment

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page