top of page
Search

Bloukaas geskenke

Ek is vrot met geskenke koop. Ek dink dis 'n talent wat min mense het. My een tannie het altyd wonderlike geskenke gekoop. Ons kon nie wag vir Kersfees of ons verjaarsdae nie! Sy het altyd presies geweet wat om te koop. My een skoonsus het ook daai gawe.


Ek raak angstig as ek iets vir iemand moet koop. Ek het net geen "clue" nie! Jare terug het ek 'n toespraak gehoor waar die ou gesê het: "Gee vir mense 'n geskenk waarvan hulle sal hou, nie iets waarvan jy hou nie. As jy van bloukaas hou en jy koop dit vir iemand as geskenk, gaan hulle dit haat! Dis 'n bloukaas-geskenk." Ek het dit ook probeer, maar dit werk glad nie vir my nie, ek kan nie so in iemand se kop inklim nie.


Die geskenke wat ek koop, eindig altyd onder in mense se kaste op! Hulle dink ek sien die nie. 😏 As hulle dit oopmaak gebeur daar iets vreemd op hulle gesigte. Jy weet daai gesig wat iemand trek as hulle dink "warref*k", maar hard probeer ordentlik wees, terwyl hulle "smile" en dankie sê?! 😂 Dis die normale reaksie van mense vir wie ek geskenke koop! Soms is die lewe vir my baie moeilik! 🤣


11 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page