top of page
Search

Cute ne?

Tot hulle jou uit die slaap uit hou! Ek het skielik 'n rot investasie, hulle het ingetrek in my plafonne en dryf my teen die mure uit!

Ja, ek het gif uitgesit, maar hulle mok my, dit klink snags of hulle daarmee sokker speel! Toe probeer ek maar 'n ander soort. Nie een dood nie, inteendeel hulle klink elke dag meer en klink so groot soos katte! Elke 2de aand, het die rotte 'n uitval, dis "scary". Domestic violence galore! 🤣


Ek kan nie slaap nie, hulle "party-party" as die lig afgaan. Ek gaan dit verloor, lê in my bed, rol rond, gril myself dood terwyl ek die aller verskriklikste moordgedagtes koester. Ek besluit môre bel ek iemand.

Dit voel al vir my of die "universe" vir my 'n boodskap wil stuur. Ek Goole om te kyk wat is die "spiritual significance" van rotte in jou huis. Google sê 'nuwe geleenthede, 'n nuwe begin'. Vir 'n oomblik voel ek skuldig oor my bloeddorstige moordgedagtes. Ek herstel egter vinnig, as ek slaap nie, gaan dit my einde beteken.


Vanoggend bel ek, so kan dit nie aangaan nie. Ek verduidelik vir die vrou hoe die rotte sokker speel en dat hulle my dringend moet kom help. Anders gaan ek myself in die swembad verdrink, al verwoes ek dan nou my eie nuwe begin! 🤣 Ek gee nie meer om nie, ek wil net slaap! 🙉 😴


25 views2 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page