top of page
Search

Die Feijoa

Ek is nie seker van julle nie, maar ek het nog nooit voorheen van die boom gehoor of dit gesien nie? Nou het ek een in my tuin. Dit staan ook bekend as 'n pynappel-guava. Nie dat ek weet waar kom die pynappel in die prentjie nie. Weird ne? 😂


Toe besluit ek maar om konfyt te kook met die vreemde vrugte. "When all else fails, make jam!" My "landlord" in die Kaap, 'n baie beneukte ou Belgiese oom het my leer konfyt kook. Hy was soos 'n swelaeltjie, 6 maande in die Kaap en ses maande in Belgie. Kan nie juis besluit of hy sou trots wees op my Feijoa konfyt, en of hy my iets verskriklik sou toesnou nie!


Hy was diep moeilik, maar nou ja, as ek 'n kind was in die Tweede Wêreld oorlog, het ek dalk ook so gelyk! 🤣


12 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page