top of page
Search

Die groen Alfa

Toe ek 24 was stel my pa my voor die volgende keuse: "Hou op rook en ek koop vir jou enige kar wat jy wil hê, natuurlik binne perke. Hy het dit toegedraai in 'n "dis beter vir jou eie gesondheid" blah,blah-pakkie. Hy haat rook, as mense by ons huis gekom het en gevra het of hulle kan rook, het hy hulle gevra: "Gaan ek na jou huis toe en k@k op jou banke?" 🙄 Dan het hulle sommer daai sigaret heel ingesluk! 😂


'Anyways', ek het gedink dit klink maklik genoeg, ne? Ons het 'n hele paar karre gaan toetsbestuur en ek het die een gekies! Natuurlik het my ophou rook uitstappie net 2 dae gehou. Dit blyk toe nie so maklik te wees om net op te hou nie! Toe begin ek maar skelm rook. My gewete het my bloots gery. Na 'n paar maande van voel soos 'n skoolkind kon ek nie meer nie.


Met 'n knop in my keel sê ek toe vir hom: " Ek kry nie die ophou rook ding reg nie en ek kan nie meer skelm rook nie. As jy lief is vir my, kan jy my nie voor so 'n onmoontlike keuse stel nie. Jy moet die kar vir my gee omdag jy dit wil gee, nie omdat jy my wil manupileer nie. As jy die kar wil terugvat is dit ook fine, ek kan nie meer so rondsluip nie."


Hy het vir my so bietjie oorbluf gelyk en nie juis iets van waarde gesê nie. Hy het ook nie die kar teruggevat nie... Soms moet 'n mens maat net eerlik wees. Dood eerlik! 🤣


26 views1 comment

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page