Search

Die huisvrou

Die foto het my laat terugdink aan my prokureur pel wat my egskeiding behartig het. Na ons oggend in die hof gaan drink ons 'n koffie naby die Hooggeregsshof in Kaapstad. Hy vertel my hy is nou op Tinder en het 'n vrou ontmoet wat hy sien. Elke keer sê sy hy moet by haar huis aankom deur die dag.

Hy begin later 'n rot ruik en vra haar of hulle mekaar nie eerder in die aand kan ontmoet nie? Die dag vryery meng in met sy praktyk. Sy antwoord hom toe: "Jammer, maar in die aande is my man en kinders tuis, dan is dit my gesinstyd!"


Hy het amper 'n beroerte gekry, salig onbewus daarvan dat sy getroud is. Dit was ook die laaste date!

Ek wou my nat piepie soos ek lag! Naai tuis het duidelik deesdae niks met naaldwerk te doen nie! 🤣


11 views1 comment

Recent Posts

See All

Gebede