top of page
Search

Die kleuterskool

Ek kry soms goed reg wat baie spesiaal is. Soos byvoorbeeld om die oorsaak te wees daarvan dat my 3-jarige uit die kleuterskool geskors word. Nie seker daar is baie ouers wat dit al kon regkry nie. ๐Ÿ˜‚

So staan ek eendag toevallig buite die deur van haar klaskamer en hoor hoe die Juffrou op haar skree. Vieslik man, en dit omdat sy Engels gepraat het in plaas van Afrikaans. ๐Ÿ™„ Toe ons haar daar inskryf het ons dit baie duidelik gemaak dat sy voorheen in 'n Engelse kleuterskool was. Volgens hulle was dit nie 'n probleem nie.


Kyk, maar ek "strip" vir my. ๐Ÿคฌ Ek bel die skoolhoof en bied aan om te betaal vir 'n kamerastelsel vir die skool, mits ek ook toegang tot al die opnames het indien daar 'n insident is. Alternatiewelik, soek ek toestemming om my kind met 'n "nanny cam" skool toe te stuur. Die volgende dag kry ek 'n skrywe om my kind by die skool te kom haal en dat sy nie verder welkom is daar nie.


Dalk was dit beter so. Waarom sal mens so sterk reageer? Wat gebeur dan nog daar wat die skoolhoof graag sal wil toesmeer? So ja, ek was die rede dat my kind geskors was op ouderdom 3 en nog nie 'n dag spyt daaroor nie! Mense soos ek moet eerder heeltemal wegbly van hulle kinders se skole af! ๐Ÿคฃ



22 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page