top of page
Search

Die nuwe ma

Gister is ek gou salon toe vir 'n haarsny. Terwyl ek by die wasbak sit en my masering kry, gryp my kids elkeen 'n hand en ek kry sommer 'n handmasering ook. Ek voel of ek sommer maar nou kan doodgaan en reguit hemel toe gaan en sê:

"Dis so lekker ek vat julle sommer saam met my huistoe!"

Hulle: "Ja, ons wil by jou kom bly, ons soek 'n nuwe mamma!"


Die vrou by die wasbak langs my begin ongemaklik op haar stoel rondskuif. Die kinders oorval my met soene en drukkies en sê:

"Ons soek nie meer ons mamma nie ons wil by jou kom bly. Ons soek 'n nuwe mamma." Ek sien die twee vang nou lekker spoed en maak die pap lekker die aan! 😂


Hulle: "Sal jy ons nuwe mamma wees? Ons mamma gee ons niks liefde nie. Sy gee nie eers vir ons kos nie!"

Ek: "Maar ek kan julle mos nie net steel nie, gaan julle mamma nie oor julle huil nie?"

Hulle: "Nee, sy gee nie om nie. Ons soek jou, ons wil by jou kom bly! In die aande voer sy ons net een krummeltjie brood en 'n druppel water!"


Die vrou langs my skuif weer ongemaklik rond. Binne my wil ek krul van die lag. Nog drukke en soene volg.

Ek: "Julle moenie sulke goed sê nie, iemand gaan die Welsyn bel! Dan vat hulle julle regtig weg by julle ma!"

Hulle: "Sal jy dan ons nuwe mamma wees? Asseblief?! Ons wil nie meer ons ou mamma hê nie."


Die vrou langs my kan dit nou nie meer nou nie en sê: "Die kinders is darem maar baie lief vir jou. Is jy hulle tannie?"

Ek: "Nee, ek is hulle ma!"

Sy skeur haar amper in twee soos sy lag. 🤣


Dis vet pret om 'n nuwe ma te wees! 😍



4 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page