top of page
Search

Die teddiebeer & die rooi lipstick



In standerd 8 het daar in die middel van die jaar 'n nuwe kind in ons skool ingekom. Sy was van iewers in die Oosrand, en is tot ons groot frustrasie ingedeel in ons Spraak en Drama groep. Die kind het die helfte van die repitisies nie bygewoon nie en wanneer sy wel daar was, het sy nie deelgeneem nie. Sy het eenvoudig vir ons gesê sy sal net kyk en dit op die dag van die praktiese eksamen eers saam met ons doen.


Ek bars toe amper 'n aar en sê vir haar daai 'kite' gaan nie vlieg nie. Ons sal nooit op die dag gelyk wees, as ons dit nie saam oefen nie. In retrospek was daai 'move' van haar nogal soos vandag se 'government employees'. 😂


Die volgende dag word ek deur die skoolhoof ingeroep. Sy vertel my dat die kind kom kla het dat ek die vorige dag rooi 'lipstick' op haar teddiebeer gesmeer het in die koshuis. Dit nogal tussen sy bene. 🤣

Ek het uitgebars van die lag, dink dit was van skok. Wat?! Ek het nie eers geweet die kind het 'n teddiebeer nie en ek besit nie eers rooi 'lipstick' nie!

So, het die teddiebeer nou sy 'period' gekry?! Die arme teddie. As sy my dan nou wou bykom, kon sy nie aan iets beter dink nie?! 🤣


25 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page