top of page
Search

Dronkstories

Hakke en drank loop nie saam nie. Ek het as student een aand byna 'n superbike platgeval en toe my beste vriendin daarvan beskuldig dat sy nie reguit geloop het nie. ๐Ÿ˜


By die woonstelblok kry ons dit toe reg om die kar in die garage toe te sluit, en die garagedeur en hek sleutel in die kar toe te sluit. Daar sit ons toe in 'n vierkant vasgekeer en aangewese op 'n man om ons 04h00 in die oggend te kom red. ๐Ÿ™ˆEk dink nie ek was al ooit so ontevrede met die lewe soos daai nag nie! Nog nooit was ek so bly om iemand met 'n slotknipper te sien nie! Gelukkig het ek nie bestuur nie, so dit was nie my skuld nie. ๐Ÿ˜‚ Stupid ne, ek weet!


Die volgende oggende het ek wakker geword en gevoel soos die dood. Vir 'n oomblik het ek gewens ek was eerder dood. Langs die bed was daar 'n bloedstreep. Ek volg toe die bloedstreep tot in die badkamer. Daar kry ek my lewer, besig om water te drink uit die toiletbak. ๐Ÿคฃ



19 views2 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page