top of page
Search

Liewe maan

In Maart 2020 het ek geregistreer vir my LLM, toe gebeur Covid. Ek stel graag uit, hierdie was al my derde keer dat ek registreer. Die vorige twee kere, het ek elke keer na twee jaar, niks gehad om te wys nie.


Vir my was die enigste manier om dit te doen om my kop te laat sak, my g@t op 'n stoel te plak en te besluit: "As mens in 9 maande 'n baba kan hê, kan ek seker my Meestersgraad ook in 9 maande doen!"😂 Dit was 'n moeilike jaar, ek gaan nie jok nie. As dubbelma, het ek min geslaap. Ek was meestal so moeg ek kon nie my naam onthou nie.


My studieleier het aan die begin vir my gesê: "Jy gaan nog jou Doktersgraad ook doen, kyk maar." Ek was toe al moeg. My antwoord aan hom was: "As ek so begin voel, gaan lê ek op die bed tot die gevoel verbygaan." Hy het hom doodgelag vir my! 🤣


Als in die lewe wat die moeite werd is, is moeilik, dit kom met baie "sacrifices". My arme kinders was amper vir 9 maande lank wees. Op15 Desember het ek my verhandeling ingedien en my LLM cum laude geslaag. As mens moeg is dink jy nie reguit nie, is dit maklik om oorweldig te voel. Te wens jy kan op die bed gaan lê tot die gevoel verbygaan.


As jy eers gerus het en jou eie "sanity" weer givind het het lyk dinge anders, kan jy terugstaan en "smile". Ek het nou 4 maande gerus, vandag gaan ek registreer vir my LLD, dit is tyd. Die keer mik ek vir 18 maande, 'n olifantswangerskap termyn! 😂


Liewe maan, help my om al die balle in die lug te hou! 🙃


11 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page