top of page
Search

Netflix

Een van my vriende woon in 'n "village" in die suide van Italië. Daar is die huise maar teen mekaar. Sy buurman kom vra hom of hy sal omgee om sy wi-fi "password" met hom te deel. Hy sê toe geen probleem en gee vir die buurman die "password".


Die volgende week vertel sy buurman opgewonde vir hom dat hulle nou Netflix het en dit so geniet. 'n Paar dae later vra hy die buurman of die sal omgee om sy Netflix "access details" met hom te deel.

Die buurman se vrou kap toe terug en sê dit is haar Netflix, sy betaal dit. Hy vra toe die buurvrou en sy sê nee, hy gaan dit nie verniet kry nie, hy kan die helfte van die "subscription fee" betaal as hy toegang soek.


Die volgende dag kom klop die buurman aan sy deur en die gesprek loop rofweg so:

Buurman: Kan jy my asb kom help, my Netflix werk nie?

Hy: Ja, dit sal nie. Ek het my "wi-fi password " verander.

Buurman: Hoekom het jy dit gedoen?

Hy: Want EK betaal daarvoor!


Mense kan hulself soms so in die voet skiet! 🤣


20 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page