top of page
Search

Nodig

Ons lewe in so 'n "consumer driven society", dit maak my soms siek. Siek om te hoor ek het hierdie waspoeier nodig of hierdie ontbytpap gaan my lewe beter maak. Regtig? Waar vra mens jou geld terug as dit nie gebeur het nie, want my lys is lank! 😏


Nodig is so 'n sterk woord. Dis ook baie relatief. Ek het meer van 'n strandsak as 'n handsak, soms het ek ook goed nodig! Ek is seker met my handsak by my, sal ek 'Survivor' kan doen. 🤣 Dit sal nou interessant wees. "Survivor, handbag edition". Daar is net een probleem, selfs al is daar so 'n reeks is daar steeds redes waarom ek nie sal inskryf nie.


Daar is 2 goed wat ek absoluut nodig het. Filterkoffie en "double ply" toilet papier. Wat is die 2 items waarsonder jy nie kan lewe nie? Wat het jy retig nodig?


42 views2 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page