top of page
Search

Self-waarde

Hoekom is vroue so hard op hulself? Wat veroorsaak dit? Is dit die kultuur van ons samelewing? Ek was so trots op die Hoofmeisie van my alma mater, Marge Troskie se "lig jou ken en ken jou lig" toespraak.

Meeste vroue wat ek ken het 'n swak selfbeeld. Nie maer genoeg nie, nie mooi genoeg nie, nie slim genoeg nie. Vroue twyfel oor alles, voel skuldig oor alles en meet hulself teen almal om hulle. Dis so onnodig.


Jy is jy, en dis al wat jy het. Vergeet van almal om jou se verwagtinge en doen wat jou gelukkig maak. Hoekom bly vroue in verhoudings waar hulle nie gelukkig is nie? Is hulle so bang om alleen te wees of vrees hulle eensaamheid?


Hou op om jouself te vertel, as ek net daai ding kan kry of dit kan verander, dat kan doen of iemand het wat vir my lief is dan sal ek... Ons maak ons eie geluk voorwaardelik. Die doellyn sal bly skuif. As ander mense jou onregverdig of sleg behandel is dit 'n refleksie van hulle eie "issues". Hoekom gaan soek ons die fout by onsself? Dit gaan nie oor jou nie.


Jy kom eerste, as jy gelukkig is, is die mense om jou gelukkig. Die geluk waarvan ek praat lê in jou, nie in 'n man of klere of die huis waarin jy woon nie. Geluk werk soos 'n magneet. As jy self vrede en geluk het trek jy dit aan. Als val dan vanself in plek. Leer om komplimente te geen en te aanvaar. Ek sukkel om komplimente te aanvaar, dit voel altyd vir my of iemand iets soek as hulle so komplimente uitdeel. 🤣


Ons moet ophou met al die "negative mind chatter". Jy is genoeg, weet dit, leef dit, sê dit elke dag vir jouself, tot jy dit glo. Skyf dit op die spieëls in jou huis! Hou op twyfel, hou op skuldig voel. Doen jou bes, dis genoeg.


Jy is genoeg. Volmaak. Vrou.




21 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page