top of page
Search

Sirkel van vermaak

Naby die kids se skool is daar 'n sirkel wat my eindelose vermaak verskaf. As dit nie tannies is wat "road rage" kry dan is dit 'n taxi wat se wiel in die ry verby vlieg. Verkeerssirkels is in 1907 deur die Amerikaanse argitek John McLaren ontwerp. Snaaks hoe mense nie verstaan hoe 'n sirkel werk nie. Niemand gebruik ooit hulle flikkers nie.


Oppad terug eendag van 'n skool'run' is daar 'n bakkie voor my om by die sirkel in te gaan. Skielik begin die bakkie so skud en die ou ry nie. Dit vat my 'n rukkie om agter te kom die 'drywer' is besig om die wit waks uit sy passasier te slaan. Hy skree en vloek, slaan die ander ou uit die bakkie uit. Letterlik! Het nog nooit so iets gesien nie. Dankbaar dink ek, ten minste het hy sy kind alreeds by die skool afgelaai. "Lovers quarrel?!"


Die tannies wat die ergste "road rage" kry het altyd blommetjiebloese aan. Of pastel bloesies! Hulle raak die kwaadste en is ook meestal die skuldiges, die wat nie weet mens gebruik jou flikker in 'n sirkel nie. Dan gooi hulle daai "hand signs", pappie! Dit laat my giggel. 🤣

Die lewe is nes 'n verkeerssirkel. Die wat die heftigste reageer, die verontwaardigste is, is gewoonlik die skuldiges. Die wie se ego die seerste kry deur hulle eie toedoen, is die grootste victim. "Ego trip".


Dan dink ek maar net by myself, "Tannie, daai gedrag pas nie by jou geblomde bloesie en by jou kapsel nie! 😂 Jy is seker die Tuinbouklub Voorsitter, bak koeksisters en pannekoek vir die basaar en is tien teen een 'n diaken.

Sies man! 🤣


18 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page