top of page
Search

Suikerpakkie raad

Hoe anders sou die lewe nie gewees het as ons almal so na die lewe kon kyk nie? Dit sal die einde wees van bitterheid , angs, spanning en bekommernis.


Ek glo dat as jy jou passie vind en dit navolg, jy outomaties jou 'purpose' vind. As jy dit kan regkry om dit elke dag uit te leef volg die "magic and miracles". Jy sal weer lag en jou voetval sal lig wees.


Jy sal meer teenwoordig wees in die oomblik. Tyd sal nie stilstaan nie, jy sal dit nie omwens nie, jy sal lewe! Ek is moeg vir bitter, 'angry' en gespanne grootmense. 🙄 Dalk moet ons almal weer soos kinders word. Ophou om die lewe te probeer beheer, onsself te bekommer want die lewe gaan gebeur soos hy moet. Jou 'worry' gaan nie jou pad verander nie. Dit is al statisties bewys dat 99% van die goed waaroor ons bekommerd is nooit gebeur nie, so wat is dan die punt?


Vind jou passie, bemeester dit en pluk die vrugte. Kinders doen net wat hulle op die oomblik gelukkig maak. Die kuns is om 'n werk te doen waaroor jy passivol is, as jy dit kan regkry het jou lewe betekenis. Die res is maklik! "The law of attraction ", vergestalt.


Jy beheer jou eie lot, as mens dit besef val die res in plek. Jy sal ophou kla, ophou onvergenoegd wees ophou om ander te blameer omdat dinge nie vir jou uitwerk nie. Hoekom wag ons vir die dood om hemel toe te gaan? Wat van 'n lewe waar hemel op aarde is? 😇


26 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page