top of page
Search

Vryheid

Die week het 'n klomp goed vir my in plek geval. Nogal gepas siende dat ons onlangs Vryheidsdag gevier het. Ek het my van terug verander na my nooiensvan, wat 'n "shlep", maar nou is dit gedoen! Ek was die laaste jaar so bietjie tussen die bas en die boom. Het amper 'n identiteitskrisis ontwikkel! 🤣


Daar was baie rye om in te staan, baie vorms om in te vul en heeltemal te veel tyd wat verlore gegaan het. Hierdie land maak sekere goed heeltemal te moeilik! Om daar te staan was vir my belangrik, belangrik om my eie identiteit terug te kry, belangrik vir my vryheid. So ek het gestaan!


Terwyl ek myself staan en jammer kry in die ry by die verkeersdepartement sê ek vir die Sotho girl wat langs my staan: "Goed is darem maar disfunksuoneel in die land." Sy vaar ook uit en begin die ANC slegsê. "Jy weet ons was almal kwaad vir Julius toe hy gesê het ons witmense moet almal eerder op die volgende vliegtuig Australie toe klim. Nou dink ek dit was goeie advies, hy wou ons eintlik net help!" 🤣


Almal om ons bars uit van die lag. Soms kan ons maar net lag! Vryheid het verseker 'n prys! 😂


12 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede

bottom of page