Search

Wegloop

Is dit net ek, of voel almal soms dat hulle net kan wegloop van die huis af? Nie dat ek juis weet waarheen ek sal gaan nie. My een nefie het gereeld weggeloop van die huis af, dan pak hy sy bruin skooltassie, en vat die pad. Hy het altyd dieselfde goed gepak, twee piesangs en twee onderbroeke. 😂 Dan het sy ma hom af in die straat of 'n paar blokke verder weer gevind.


As ek voel of ek wil wegloop, dink ek aan hom met sy twee piesangs en twee onderbroeke. Kan nie help om te wonder wat ek sal pak nie. Besit ek ooit iets van waarde wat in daai tassie sal pas? Die gedagte alleen is gewoonlik vir my bevrydend! Dit laat my afsien van my planne om weg te loop. Ek sien glad nie kans om weg te loop met twee appels en twee panties nie! 🤣


Wat sal jy pak?


9 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede