Search

Wollieboude

Van ek kan onthou wou ek net groot wees. Vreemd genoeg het ek nog nooit gehoor my kids sê so iets nie, toe vra ek hulle: "Wil julle graag groot wees of wil julle klein bly?"

Tot my verbasing sê albei hulle wil eerder klein bly.

Ek: "Hoekom?"

My 10-jarige: "As ek groot is gaan dit 'n 'disaster' wees, dan moet ek my eie huis en kar hê, en vir myself kosmaak. Nee, dit gaan nie werk nie, ek wil eerder klein bly!"

Ek: 😂

My 7-jarige: "Ek wil ook klein bly. As ek groot is gaan ek hare op my boudjies kry, en dan gaan mamma nie meer aan hulle wil vat nie!"

Ek lag my byna dood, het nie die een sien kom nie!

Ek: "Toemaar, ek sal steeds aan jou boudjies vat, al het jy wollieboude!" 🤣



4 views0 comments

Recent Posts

See All

Gebede